DIE MEETSNOERE HET VIR MY IN DIE BESTE VOUE GEVAL

Soos stukkies in ‘n legkaart, so het my musiekloopbaan tot hier verloop.  Die laaste 5 albums het ‘n stewige staanplek in die verskillende genres van die musiekbedryf gekry.

Kom dan Klaradyn, Tsotsi-Evangelie, Stroeslove, Leef het almal goeie resensies ontvang.  Hierop het ook KKNK produksies gevolg, landwye konserte en ook 3 benoemings vir die Tsotsi-Evangelie.  Die nuutste album op die winkelrakke is Die Kroon van die Skepping.  Ek kon  gemaklik tussen die verskillende genres beweeg.

My kreatiewe kant word gestimuleer en die uitdaging van klassiek sal altyd daar wees.

My nuwe geestelike album, Die Kroon van die Skepping, breek weer ‘n nuwe seisoen oop.  Tussen Canola-lande, groen koringlande en ‘n amper pers berg, word die Kroon van die Skepping ‘n melodie.

Mag hierdie album vir elkeen wat dit hoor, ‘n geestelike ervaring wees.

My nuutste uitdaging!  Belia sing Janita Claassen.  Hierdie geliefde sangeres het ‘n skatkis vol liedjies agtergelaat wat nie vergeet mag word nie.  Ek het hulle afgestof en ‘n vars nuwe opname van haar 10 beste liedjies gedoen.

My grootste uitdaging was om Janita te eer, maar om soos Belia te klink.

Gaan leen jou ore gerus vir hierdie musiek en jy sal soos ek van vooraf verlief raak daarop.

3 thoughts on “DIE MEETSNOERE HET VIR MY IN DIE BESTE VOUE GEVAL

  1. jou musiek het my getref op Saterdag, 25:02:2018 in Bettiesbaai. Sommige van jou liedere sing ek ook en dit het my geinspireer om so voluit te sing soos jy, jy het ‘n mooi stem.

Leave a Reply