Corona-koors vs Paasfees

Met dae van afwagting, minus ons elke aand ‘n dag. Die Corona eis sy tol. Familie en vriende mis mekaar. Die oefen junkies se energie krop op. Die hondjies verstaan niks, maar aanvaar gelate ons troos. ‘n Sopie of twee sou spanning help verlig, maar die voorraadskip het gesink. En wat dan van al die rokies wat hulle tande deurbyt van frustrasie. Die ekonomie steier. Geld en kos is nodig vir oorlewing. Aan die anderkant maak kreatiewes emmertjies van blikkies waaruit nog kreatiwiteite spring. Huisgesinne bou weer aan waardes. Die eens besige lewe kom tot stilstand. Die strate is verlate. Maar vandag, ja vandag wil ek op ‘n ander manier stil word. Daar aan die voete van die Kruis. Die Heelmaker. Die Verlosser. Mag ons eendag terugkyk en sien dat die tyd van corona, ook die tydswaarde van die hemelse kroon was. Vandag, ja vandag, wil ek stilword aan Sy voete en vashou aan ‘n groter plan. En sag sal ek sing… “Wees stil en weet, Ek is die Heer….” Gese├źnde paasfees vir elkeen van julle.

Leave a Reply